Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Melissa dra kroon in 4M

Melissa dra kroon in 4M
 
2009-02-26

Jaco van Wyk

DIE jaarlikse 4M meisiesinterskole-atletiekbyeenkoms tussen Hoër Meisieskool Paarl, La Rochelle, Bloemhof en Rhenish het verlede Donderdag by die Coetzenburg-stadion op Stellenbosch plaasgevind.

Bloemhof (474,5 punte) is vanjaar as die algehele wenners gekroon, met La Rochelle (342 punte) wat die sterkste teenstand aan die Stellenbossers gebied het.

HMS Paarl (337,5 punte) was met ’n kortkop in die derde plek, met Rhenish (189) wat tevrede moes wees met ’n vierde plek.

Die beste individuele prestasies is gelewer deur Maryke Brits van Bloemhof (o.15, 1031 punte), Marise Malherbe van HMS (o.14, 994 punte), Melissa Hewitt van La Rochelle (o.19, 861 punte) en Dominique Scott van Rhenish (o.17, 928 punte).

Melissa het nog elke jaar, sedert graad agt, die trofee verower in haar ouderdomsgroep. Sy het tydens vanjaar se 4M ook die 200m vir dogters o.19 verbeter met ’n tyd van 25,40 sekondes.

Marise het ook die meeste punte in haar ouderdomsgroep aangeteken volgens die Absa-tabel (2771 punte).

Bloemhof se Maryke (2981 punte), Cari Swart (2053 punte) en Michelle de la Porte (1997 punte) was die ander groot Absa-tabel puntemakers in hul ouderdomsgroepe.

Ander rekords wat deur Paarlse atlete opgestel is tydens dié byeenkoms, was Courtney du Plessis (LaR, o.19 driesprong, 10,95m), Marise Malherbe (HMS, o.14 400m, 60,00 sekondes) en die 4x100m o.14 aflos-span van HMS (52,30 sekondes).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za