Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rondry-dae getel

Rondry-dae getel
 
2009-02-26


DIT gaan R3 miljoen kos, maar dit gaan beteken dat Drakenstein se munisipale amptenare binnekort nie meer munisipale voertuie op naweekuitstappies kan neem nie.

Die besluit om soveel meer op die moniteringstelsels van munisipale voertuie te gebruik, is verlede week deur die burgemeesterskomitee tydens ’n tweeweeklikse vergadering bespreek en sal vir goedkeuring oorweeg word tydens die volgende stadraadsvergadering.

Daar is 386 hoë-risiko voertuie deur die munisipaliteit geïdentifiseer waarvan 135 reeds met die moniteringstelsels toegerus is.

Om vir die oorblywende voertuie die stelsels in te sit sal die belastingbetaler R3 miljoen uit die sak jaag. Nuwe voertuie wat deur die Raad aangekoop word, sal reeds die stelsels in hê.

“Maar loop die 135 voertuie wat reeds die stelsel in het, ’n reguit paadjie?” wou raadslid JT Basson (ANC) weet.

Leon Coetzee, uitvoerende direkteur: infrastruktuur en beplanning, het te kenne gegee dat gevalle van voertuie wat wanaangewend is, al aangemeld is en dat daar al dissiplinêr teen munisipale amptenare opgetree is.

Die doel van die moniteringstelsel is om beter sekuriteit, beter aanwending van voertuie en ongeoorloofde gebruik van munisipale voertuie te monitor.

Deur dié stelsel kan bestuurders met slegte bestuursgewoontes ook gemonitor word en besparing van brandstof tot gevolg hê, lui die verslag.

Basson wou weet wie die monitering gaan monitor en of so ’n diens aan ’n buite-instansie gegee kan word.

Leon Coetzee het hierop geantwoord dat alle departemente mense sal aanwys wat die monitering kan doen. Hulle sal voldoende opleiding ontvang om dit te doen.

“Die vlootbestuursafdeling is verantwoordelik om die totale vloot te monitor,” sê hy.

Charmaine Manuel, burgemeester, sê dat die Raad bewus is dat amptenare munisipale voertuie naweke sonder toestemming gebruik.

Sy het voorgestel dat die Raad kwartaalliks ’n verslag oor die monitering ontvang.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za