Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duisende rande se TV’s weg

Duisende rande se TV’s weg
 
2009-02-26


TELEVISIESTELLE ter waarde van meer as R34 000 het Donderdagaand by ’n bekende meubelhandelaar in die Paarl verdwyn.

Om 21:30 is bestuurspersoneel van Russells, op die hoek van Verster- en Lady Greystraat, in kennis gestel dat die alarm by die winkel geaktiveer is, en dat die stoorkamer se deure oop staan.

By nadere ondersoek is die diefstal ontdek, maar toe die diewe die hasepad kies, het hulle ’n metaalsnyer op die toneel agtergelaat, asook een televisiestel op die sypaadjie.

Volgens ’n woordvoerder van Russells is die tydlyn van die gebeure wat tot die diefstal gelei het, verdag.

“Die sekuriteitsmaatskappy het aangeteken dat die alarmsein om 19:50 verbreek is, maar ons is eers om 21:20 in kennis gestel toe die alarm ’n tweede keer geaktiveer is.”

Enigiemand met inligting in verband met die diefstal kan die ondersoekbeampte, insp Karel Rossouw, skakel by 021-807-4000.

* Die Paarl polisiestasie het ’n waarskuwing uitgereik dat huisbrake en diefstal vanuit motorvoertuie steeds styg.

Die publiek word gemaan om hul wonings te beveilig wanneer hulle nie tuis is nie, deur te verseker dat alle vensters en deure gesluit is, en waar moontlik, ook sekuriteitshekke.

Waardevolle besittings moet ook nooit in motors gelaat word nie.

Die gemeenskap word ook gewaarsku om nie in die versoeking te kom om enige goedere in die straat te koop nie.

Die moontlikheid dat dié goedere gesteel is, is baie goed, en die koop hiervan bevorder diefstal. Dit kan ook lei tot vervolging deur die polisie.

Indien die publiek vermoed dat ’n persoon in besit is van gesteelde goedere, kan hulle 021-807-4014 of 807-4000 skakel.

* Television sets worth more than R34 000 have been stolen from a furniture dealer in Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za