Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wees geduldig met fietsryers

Wees geduldig met fietsryers
 
2009-02-26


PAARLIETE moet hulself voorberei vir verkeersknope, wanneer die Giro de Capo volgende week die gebied weer op wiele het.

’n Rekordgetal van 30 spanne sal die strate van Wellington en die Paarl invaar, ter voorbereiding vir die Cape Argus-fietstoer wat volgende naweek plaasvind.

Woensdag sal Kerkstraat in Wellington tussen 05:00 en 09:30 gesluit wees, en dan weer vanaf 11:15 tot 13:00.

Dan is dit Vrydag 6 Maart, die Paarl se beurt om geduld te beoefen, wanneer Markstraat gesluit sal wees tussen 05:00 en 09:30 en weer om 12:30 en 14:30.

In die verlede was daar chaos op die paaie ten tyde van hierdie sluitings, dus word die publiek gemaan om alternatiewe roetes te gebruik, of eenvoudig net die paaie tydens hierdie tye te vermy.

Motoriste moet ook die volgende drie dae op die uitkyk wees vir fietsryers wat deelneem aan die Tour de Boland-fietstoer.

Vandag sal deelnemers op die R45 om Wellington in aksie wees, insluitend die Lady Lochpad.

Môre sal hulle in die Paardeberg-omgewing wees en Saterdag maak hulle klaar op Dutoitskloofpas.

* Motorists are warned to expect delays during road closures next week when the Giro del Capo cycle tour passes through Wellington on Wednesday and Paarl on Friday.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za