Stadsraad vergader nie
2009-02-26
DIE geskeduleerde vergadering van Drakenstein Munisipale Raad vind nie meer vandag plaas nie, maar word nou op 5 Maart gehou om 14:00. Die Raad het vanjaar nog nie gesit nie en die konsepbegroting moet nog goedgekeur word. Intussen is geen nuwe mosie van wantroue in die burgemeester, onder-burgemeester en speaker ingedien nie. So ’n mosie is twee weke gelede deur die DA-koalisie ingedien om ’n spesiale vergadering af te dwing, maar weens onenigheid in die koalisie is die vergadering op die nippertjie afgestel. Of die DA-koalisie, wat tans ’n meerderheid van een stem in die Raad het, volgende week se vergadering gaan bywoon, bly ’n ope vraag. Indien hulle nie opdaag nie, kan die vergadering nie voortgaan nie, aangesien daar nie ’n kworum sal wees nie. ’n Woordvoerder van die Munisipaliteit sê die speaker moet minstens een volle raadsvergadering per kwartaal byeenroep om aan die wetlike vereistes te voldoen.
More
News
|