Sakekamer vergader
2009-03-05
DIE nuwe wysigingswet oor swart bemagtiging en die akkreditasie wat daarmee saamgaan, is die besprekingspunt gedurende Dinsdagaand se vergadering van die Paarl Sakekamer. Dit vind om 19:00 plaas by McCarthy Toyota (langs Paarl Mall). Die sprekers is André le Roux, ’n analis van Emex Trust en André Rautenbach, takbestuurder van Emex Trust in Kaapstad. Vir meer besonderhede en om jou plek te bespreek, kontak Elma Brand by 021-863-0397 of paarlsakekamer@definitelydifferent.co.za voor die naweek (nie-lede R50).
More
News
|