Loopbaanuitstalling in Paarlse stadsaal
2009-03-05
DIE jaarlikse loopbaanuitstalling vir Bolandse leerders word in die Paarlse stadsaal gehou op 17 en 18 Maart. Meer as 50 uitstallers waaronder universiteite, technikons, kolleges vir beroepsonderwys en ander instansies sal teenwoordig wees om leerders raad te gee oor beroepe en studierigtings. Die uitstalling open Dinsdag 17 Maart om 09:00 tot 17:00. Op 18 Maart sal dit vanaf 08:15 tot 13:00 oop wees vir die publiek. Vir enige navrae, kontak Rubin Adams by 021-860-1551.
More
News
|