DIE jaarlikse interskole-swemgala tussen Hoërskool Gimnasium en Hoër Jongenskool het Maandag by Gim se swembad plaasgevind. Na ’n noue ontkoming verlede jaar het HJS weer vanjaar as oorwinnaars uit dié stryd getree. HJS het 228 punte behaal teenoor die 166 punte deur Gim.