Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boesemvriende sterf in watergraf

Boesemvriende sterf in watergraf
 
2009-03-05

Lise Beyers

TWEE boesemvriende het Saterdagmiddag saam ’n waterdood gesterf, toe hulle in ’n plaasdam gaan swem het om te ontsnap van die versengende hitte van die dag.

Curdley Skippers en Keaton Links, albei ses jaar oud, het Saterdag oudergewoonte by Curdley se huis op Nelson wynlandgoed, Agter-Paarl, gespeel.

Curdley se ma, Mieta Skippers, vertel dat sy en haar suster dié middag buite op die gras gelę het in die skaduwee.

“Die seuns het so lekker gespeel en gestoei dat dit ’n plesier was om na hulle te kyk.

“Later is ons almal na binne om iets te gaan eet.

“Dit was baie warm en ek het die televisie aangeskakel. Die seuns is toe weer na buite om verder te gaan speel. Ek was onder die indruk dat hulle net hier op die werf baljaar.

“Teen vyfuur het ek egter onrustig begin word, want daar was geen teken van hulle nie.

“Kort hierna het ’n ander kind hier aangekom met die seuns se klere in sy arms.

“Ek het paniekbevange gevra waar hulle is, en hy vertel toe dat hulle gaan swem het, maar nou verdwyn het.”

Mieta het om hulp geroep en die polisie is geskakel voordat sy die pad dam toe gevat het.

Intussen is Keaton se oupa, Karel Jagman, vanuit Weltevrede, Wellington, ontbied.

Met sy aankoms het hy dadelik in die dam gespring om na die kinders te soek, en hiermee het hy ’n klein liggaam onder sy voete gevoel. Toe hy die lyk uitlig, was dit Curdley. Keaton se liggaam is sowat ’n meter verder gevind.

Dit lyk asof die kinders in vlak water gespeel het, toe Keaton vermoedelik in die moeilikheid beland het.

Toe Curdley vir hom probeer help het, het albei in dieper water beland en verdrink.

Curdley het vanjaar begin skoolgaan by Laerskool Slot van die Paarl, en Keaton by Hillcrest Primęr. Albei was baie opgewonde oor hul skoolloopbane wat begin het.

“Curdley was besig om te leer swem by die skool, maar was nog nie heeltemal gemaklik in die water nie,” vertel sy pa, Daantjie Jagman. “Hy het geweet dat hy nie water toe mag gaan sonder dat ek by is nie. Hoekom hy Saterdag nie vir my gewag het nie, weet ek nie.”

Keaton was nog glad nie in staat om te swem nie. Hy word oorleef deur sy ouers en broers, Quinton, Divan en Mark Skippers.

Keaton was die enigste kind van Teresa Links en Karel Carolissen.

Albei seuns word Sondag, op Curdley se ma se verjaarsdag, vanuit die gemeenskap-saal op Nelson’s Wynlandgoed begrawe, waarna die stoet na die Champagne-begraafplaas sal beweeg.

* Two six-year-olds drowned in a farm dam.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za