Gim se dogters kook op tennisbaan
2009-03-05
DIE senior dogters tennis span van Hoërskool Gimnasium het verlede week deelgeneem aan die Tjaart Vorster tennistoernooi te Cradock. In die eerste ronde het hul afgereken met die span van Afrikaans Hoër Meisieskool, daarna met Cradock se B-span en Voortrekker Hoërskool van Bethlehem. In die finaal het hul te staan gekom teen die sterk span van Hoërskool Cradock wat die toernooi reeds vir die afgelope vyf jaar gewen het. Na die ses strawwe enkelwedstryde het Gimnasium voorgeloop met 12 punte teenoor 6. Die wentelling van 14 is behaal nadat Letha en Nell Gaigher hulle dubbels met 8-2 gewen het. Hiermee wen Gimnasium se dogters hul eerste nasionale toernooi wat ’n droom van drie jaar verwesenlik het. Hul afrigter is Myburg van Zyl.
More
News
|