Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport Dagboek

Sport Dagboek
 
2009-03-05


ON Wednesday 11 March Drakenstein Correctional Services Amateur Athletics Club will present its 13th 10km Nite Race.

The race will start in Faure Street and is scheduled for 18:15.

Gold Medals will be awarded to the first five men and women, with the category winners also receiving gold medals.

Silver medals will be awarded to the next ninety athletes and 300 athletes will receive bronze medals.

The rules of Boland Athletics and Athletics South Africa will apply.

Contact Dawid Strauss on 083-980-6495, Peter Bruiners on 082-961-0723 or Albert Poole on 079-391-9413 for enquiries.

ACTION SPORTS

Paarl Action Sports begin vanjaar met ’n o.13 Aksie-Krieketliga. Belangstellendes word uitgenooi om ’n span in te skryf. Kontak 021-868-0615 of 072-253-3054.

RUGBY

* Young Gardens bied Saterdag sy jaarlikse Sewes Rugbytoernooi aan te Gardens Park. Wedstryde begin om 14:00, met Gardens, Young Standards, Violets, Simondium en Klapmuts wat gaan meeding.

Gardens bied vanaand ’n funksie aan te Peter Cellars. Toegang is R15.

* United Stones bied Saterdag hul jaarlikse Uitklop Rugbytoernooi aan te Daljosafat Primêr om 10:00. Elke klub kan ’n A-span inskryf. Die wenspan sal R1000 inpalm.

* Villagers Rugbyklub bied op 21 Maart hul jaarlikse uitkloppe aan op hul tuisveld in Newton (09:00). Alle klubs is welkom. Kontak 079-856-2759 of 073-127-5906.

* Young Stars Rugbyklub bied op 21 Maart ’n sportdag aan te Newton Sportgronde. Die verrigtinge begin om 09:00 met skole spanne. Spanne wat belang stel kan 076-759-1448 kontak.

* Riverstones hou op 9 Maart hul jaarvergadering te Orleansvale Primêr (19:30). Die klub speel vriendskaplike wedstryde (almal weg) teen United Stones (7 Maart) by Daljosafat Primêr, teen Gouda (14 Maart, busgeld is R30) en teen Blue Stars (21 Maart, busgeld is R15). Op 28 Maart hou Riverstones ’n spanbou te Victor Verster.

* Allandale Rugbyklub hou op Vrydag 20 Maart ’n Snack Dans as deel van hul fondsinsamelingsprojek om 19:30 te Drakenstein Gevangenis. Musiek sal deur Whani met Stofpad verskaf word. Toegang is R60 per persoon (kroegfasiliteite is beskikbaar).

Die klub hou ’n spesiale jaarvergadering op 12 Maart (19:00) te Drakenstein gevangenis. Allandale speel Saterdag teen die Wellington Plase Unie te Drakenstein Gevangenis. Wedstryde begin om 13:30. Kontak 082-737-8952.

* Albions speel Saterdag weg teen Blues United op Klapmuts. Junior spanne (o.12’s en o.14’s) en senior spanne sal in aksie wees. Die bus vertrek 11:00 met die optelpunte by Simfonielaan 189 en die ou polisiestasie. Busgeld beloop R20.

* Roses United pak Saterdag vir Newtons in ’n vriendskaplike wedstryd op Newtons se tuisveld. Hekke open 13:00.

KRIEKET

Paarl-Oos Krieketklub speel Saterdag teen Wellington te New Orleans. Paarl-Oos II speel teen Wellington II op die Pen Basson-velde in Wellington en Paarl-Oos III speel teen Paarl III te Allandale. Saterdag hou Paarl-Oos krieketklub ’n karaoke by die klubhuis te New Orleans (19:30) teen R5.

SPORTFORUM

Die Paarl sportforum hou op 10 Maart hul algemene jaarvergadering in die Huguenot Gemeenskapsaal om 19:00. Die jaarlikse subskripsie van R50 per klub is betaalbaar tydens dié vergadering. Kontak vir Sammy Andrews by 082-305-1643.

BOOGSKIET-KUNS

Kom leer Saterdag, tydens die Ommiberg-fees, boogskietkuns by die Nelson’s Creek Boogskietklub. Klasse is elke Saterdag van 09:00 by die plaas. Kontak 076-525-9686 of 072-613-7664.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za