Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington gefnuik

Wellington gefnuik
 
2009-03-05


IN ’n opwindende vriendskaplike rugbywedstryd op Boland-stadion het Helderberg met ’n verbete eindpoging gekom om die span van Wellington/CPUT met 29-40 te klop.

Die wedstryd was ’n stryd van twee helftes, met Wellington wat aanvanklik rustyd met 19-0 voorgeloop het. Na rustyd het Helderberg egter die bordjies verhang en veral in die laaste tien minute met ’n blitzkrieg van drie langafstand-drieë vorendag gekom.

Voor rustyd het die tuisspan se voorspelers die botoon gevoer met drieë deur Bennie Botes (stut), Heinrich Petzer (flank) en Hentaz Kotze (senter), asook twee doelskoppe deur die kaptein, Nicus Berg (heelagter).

Na rustyd was dit egter ’n perd van ’n ander kleur toe Helderberg ses keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier het. Bergh het in dié helfte met ’n strafdoel en ’n verdoelde drie geslaag.

Saterdag speel Wellington/CPUT op George, teen George Rugbyklub.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za