Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples verspeel kanse teen Wellington

Peoples verspeel kanse teen Wellington
 
2009-03-05


DIE eerste krieketspan van Young Peoples het Saterdag hul kans om in die semi-finaal te speel, verbrou toe hulle met sewe lopies vasgeval het teen Wellington.

Wellington het, op Daljosafat, die loot gewen en besluit om eerste te kolf en ’n stewige 226/4 behaal danksy goeie beurte deur Bronwill Williams (62 , 6x4) en Warren Groeneveld (82, 9x4 2x6).

Die Tiere se boulers het aan die einde weereens gesukkel om die kolwers in toom te hou. Slegs Jarier Alexander (2/31 in 9bb) en Charlton Daniels (1/21 in 9bb) het veggees gewys met die bal.

Peoples het van meet af aan positief gekolf, maar kon nie noemenswaardige vennootskappe opbou om die teiken te jaag nie.

Hershelle Barron (31, 4x4) en Dominic Daniels (39, 6x4) was al kolwers wat gevaarlik gelyk het. Die Tiere se kaptein, Edwin Jacobs (20, 2x4), asook Imran Nackerdien (21, 3x4) en Peter-John de Villiers (21, 2x4) het bydraes gelewer, maar was net nie goed genoeg nie.

Joshua Swanepoel (2/55) en M Phfitser (3/35) het goed geboul vir die besoekers.

Peoples se tweede span het egter skitterende krieket opgedis en vir Wellington II in ’n wegwedstryd met 36 lopies geklop.

Peoples het eerste gekolf en ’n allemintige 295/8 in 45 boulbeurte aangeteken danksy pragbeurte deur Lindsey Davy (64, 5x4 en 2x6) en James De Wet (37, 3x4).

Dit het die tafel gedek vir ’n briljante honderdtal deur Melvyn Jackson (104, 14x4 en 4x6). Sy telling het van ’n lopie per bal gekom en het die weg gebaan vir ’n goeie telling.

Wellington het gaan kolf en die lopies probeer jaag, maar kon eenvoudig nie die mas opkom nie. Jackson (3/39 in 9bb) het weereens verwoesting gesaai met die bal. Lloyd Grey (1/24 in 9bb) en Lee-John Julies (2/29 in 9bb) het ook goed geboul en vir Wellington beperk tot 259/9 na 45 boulbeurte.

Vir Wellington II het die oud-Peoples speler, Andrew Victor (64, 4x4 en 3x6), lopies gekry.

Saterdag speel Peoples I in hul voorlaaste wedstryd van die seisoen op Daljosafat teen Worcerster. Die tweede span het ’n loslootjie.

Young Peoples se algemene jaarvergadering vind plaas op Donderdag 12 Maart om 19:30 by die klubhuis. Alle spelers, oud-spelers, oud-lede en belangstellendes welkom.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za