“PERFORMANCE tracking and reporting of the municipality is not taking place... No monitoring of performance is taking place... Performance information was not submitted and no evaluation thereon could be concluded...” lui die munisipale oudkomitee se notules oor prestasiemeting van Junie 2008.
Ander kritiek: “Council does not have a formal fraud prevention and response plan as required by legislation... Systems need to be implemented to allow confidential reporting of irregular and/or fruitless expenditure... Middle management and sometimes even top management do not always timeously report or refer irregularities to auditors for various, but understandable reasons”.
Hierop volg 30 bladsye van verskeie verslae oor die aangeleentheid. Dit wemel van verwysings na die gebrek aan beheer en beheerstelsels.
Hierdie sake behoort in die munisipale raad bespreek te word, maar die wyse manne (of vroue) in die grys-paleis het besluit dat hierdie verslae, party tot ’n jaar oud, slegs vir kennisname is, en nie bespreek mag word nie.
Vir die eerste keer dien die verslag van die Ouditeur-Generaal ook in vandag se raadsvergadering net “vir kennisname”. Dit is verregaande dat die Ouditeur-Generaal se verslag nie deur die raad bespreek mag word nie.
Die Speaker van die ANC/NPP minderheidsgroepering binne die raad (29 uit 61 raadslede) is volgens die raad se ordereëls die enigste persoon wat nou kan besluit of hierdie belangrike aangeleenthede vandag in die raad bespreek mag word (’n tweederde meerderheid is nodig om dit by wyse van stemming af te dwing).
Die vraag is, gaan die ANC Speaker die moed hę om die agendapunte vir bespreking oop te maak?
Geen wonder mense kan nie wag vir die verkiesing nie.Deetlefs du Toit (DA-raadslid)