Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Politieke bolmakiesie deur raadslede

Politieke bolmakiesie deur raadslede
 
2009-03-05


MET verwysing na die kansellasie van die onlangse spesiale vergadering van die Drakenstein Munisipale Raad, waarop ’n mosie van wantroue in die ANC ingestel sou word deur die opposisie, wil ek slegs enkele perspektiewe tot die gebeure voeg.

Verteenwoordigers van die Drakenstein-koalisie, het vooraf verskeie vergaderings bygewoon waar onderhandelings-mandate tot poste voorgelê en bespreek is. Konsensus was bereik. Dit het onder die bekwame leiding van Koos le Roux plaasgevind.

Die twee raadslede van die WCC was van meet af ’n uitdaging vir die koalisie. Eers was hulle geskors, toe weer aangestel, en het die dag van die raadsvergadering boonop ’n interdik in die Kaapse Hooggeregshof in die gesig gestaar - deur lede van hulle eie party, boonop.

Die DA het die saak geopponeer en inderdaad gewen.

Enkele minute voordat die koalisie die raadsaal sou betree om die ANC te onttroon, het die hof sy uitspraak gelewer. Dié goeie nuus het egter vinnig getaan. Die WCC en die OD het onmiddellik alle vooraf-ooreenkomste van die tafel gevee en die top drie poste (burgemeester, onder-burgemeester en speaker) geëis.

Sonder enige skaamte het hulle bollemakiesie geslaan.

Ek as verteenwoordiger van die Vryheidsfront Plus, het Koos Louw van die DA ondersteun, deur die standpunt te huldig dat ons onder sulke omstandighede liewer afstand moet doen van enige beplande raadsoorname.

Die koalisie-vergadering het noodgedwonge verdaag en die ANC ploeter steeds kwistig voort met ons belastinggeld.

Ronald Brand (Vryheidsfront Plus Raadslid) Drakenstein




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za