Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seuns het kennis

Seuns het kennis
 
2005-08-04


ALTESAME 22 541 leerders het vanjaar se landwye Sanlam Wêreldkennis-Olimpiade deelgeneem. Altesame 805 skole het deelgeneem.

Die afdeling vir graad agt is gewen deur Wiaan Visser van Hoër Jongenskool Paarl. Nog ‘n Boishaaier, Stephan Fourie, was derde nasionaal in graad elf.

In die twee afdelings vir laer skole het Gautengse skole skoonskip gemaak deur al ses pryswenners op te lewer, maar ‘n plaaslike leerling, Rehan Visser van Bridge House, was die beste Wes-Kaapse leerling vir graad ses.

Bridge House was ook onder die top tien skole vir sy groot aantal inskrywings.

Die doel van die Olimpiades is om leerders van graad 6 tot 12 se algemene kennis te toets en hulle aan te moedig om dit uit te brei deur onder meer gereeld koerante te lees.

Die pryse is Sanlam effektetrusts.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za