Ligstraal hou basaar
2009-03-05
LIGSTRAAL skool vir gestremdes hou op 14 Maart hul grootste jaarlikse projek, hul basaar, van 10:00 tot laat. Daar sal groente- en koektafels, kindervermaak, gemmerbier, klere en nog baie meer teen spotgoedkoop pryse aangebied word. Lootjietrekking om ’n hele skaap te wen. Die publiek word vriendelik uitgenooi om die skool te ondersteun. Vir navrae, skakel skoolhoof Jolene Lakay by 021-862-7182.
More
News
|