Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Basaar by kerk

Basaar by kerk
 
2009-03-05


SATERDAG hou die NG Kerk Franschhoek groot makietie met hul jaarlikse basaar van 10:00. Die hele gemeenskap, asook toeriste, ontmoet mekaar onder die eikebome by die Kerksaal in Hugenoteweg (hoofstraat).

Daar is oudergewoonte weer braaigeregte (karoolam, boerewors, sosaties, hoender en snoek), asook bo-baas afval en skaappotjie. Saam met die vleisgeregte kan roosterkoeke en slaaie geniet word.

Vir die ligte eters is daar boereworsrolle en hamburgers

Die teetuin onder die eikebome bly ’n treffer met volop soetgoed.

Sinoniem met die basaar is natuurlik die tradisionele basaartafels met eetgoed, gebak en vars produkte asook stalletjies met juweliersware, klere, naaldwerk, speelgoed, potte en boeke-stalletjies.

Kinders word vermaak met speletjies, ’n waterglybaan, springkasteel, gesiggies verf, hare kleur, spookasem, allerlei lekkergoed en speelgoed.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za