Roman-slypskool
2009-03-05
DIE Breytenbach-sentrum bied in samewerking met Tafelberg-Uitgewers en Sanlam op 17 en 18 April 地 roman-slypskool aan op Wellington ter voorbereiding vir die Groot Romanwedstryd wat op 31 Desember sluit. Hierdie slypskool sal deur Francois Smith, Steward van Wyk, Riana Barnard en Erika Murray-Theron aangebied word. Smith, 地 ervare boeke-redakteur, sal tydens sy sessies veral aandag skenk aan die vertellerstem en baie spesifiek die gebruik van die vrye indirekte rede om verteller en karakter saam te laat praat. Verder sal hy fokus op die gebruik van detail om 地 verhaalw靡eld te skep, asook die belang van dialoog. Riana Barnard, senior uitgewer by Tafelberg (NB-uitgewers) bring 地 uitgewersperspektief: Waarna kyk uitgewers as hulle manuskripte lees en wat is die moontlikheid van publikasie, is van die vrae wat aangeraak sal word. Steward van Wyk, dosent in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, sal inleidend gesels oor die roman as genre. Die gewilde skrywer Erika Murray-Theron kom deel haar ervaringe en wenke met voornemende skrywers. Dit kos R750 en sluit kursusmateriaal, 地 boekgeskenk van Tafelberg-Uitgewers en ligte etes in. Belangstellendes kan die Breytenbach-sentrum kontak by 021-873-2786 of kan 地 e-pos stuur na theokemp@breytenbachsentrum.co.za.
More
News
|