Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitstappie met museumvriende na Riebeeck-Wes

Uitstappie met museumvriende na Riebeeck-Wes
 
2009-03-05


VRIENDE van die Wellington Museum en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi na ’n uitstappie na die Smuts-woning in Riebeek-Wes en die Oude Kerk Museum in Riebeek Kasteel op Saterdagoggend 28 Maart wat om 08:30 afskop.

Die Smuts-woning op die geboorteplaas van Jan Smuts is in Kaaps-Hollandse styl en pragtig gerestoureer. Die besigtigingstoer van die Smuts-woning word afgesluit met ’n interessante foto-uitstalling.

Die Oude Kerk is nie ’n groot museum nie, maar spesialiseer in waens en wamakers-implemente waarvan daar baie is - ’n gids sal byderhand wees om die gebruik van elk te verduidelik.

Die koste van die uitstappie is R20 wat toegangsgelde insluit sowel as koffie of tee en versnaperinge in die “voormanshuis” van die Smuts-woning by aankoms.

Ná die besoek aan die Oude Kerk Museum word op eie koste verversings geniet.

Die groep vertrek van die Wellington Museum en keer 13:00 terug. Bespreek by Isadene Pienaar 021-873-4873 of chrisad@metroweb.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za