Hugenoters presteer
2005-08-04
TWEE sportsterre van Hugenote Hoërskool het onlangs puik presteer deur hul SA-kleure in biathle te verwerf.
Wessel Swartz en Lezandré Joubert het aan die SA Biathle Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.
Danksy hul goeie prestasies is hulle gekies om Suid-Afrika by die Wêreld Biathle Kampioenskappe te verteenwoordig wat op 18 September in Monaco plaasvind.
Die twee word deur Cobus de Jongh (hardloop) en Ettienne van der Merwe (swem) afgerig.
Joubert het verder puik presteer om in ’n tweede sport SA kleure te verwerf.
Sy het as deel van die Boland netbal-span aan die Usassa SA Netbalkampioenskappe deelgeneem en is dan ook in die SA o.19 Skole netbalspan opgeneem.
Tydens dié toernooi het sy die hoogste gradering as hulpverdediger ontvang en is dan ook deel van die oefengroep waaruit die nasionale o.19 en o.21 netbalspanne aangewys sal word.
More
News
|