Pluk by Nederburg
2009-03-05
KOM ervaar by Nederburg die plesier om op Saterdag 7 Maart self druiwe in die wingerd te pluk en dan te proe hoe dit deur die verskillende stadiums van sap tot wyn gemaak word. Komplimentêre toere deur die Nederburg-kelder bied die geleentheid om wyne te proe. Dit begin om 08:30 tot 17:00 en kos R160 per persoon (piekniekmiddagete en ’n bottel Nederburg-wyn vir elke twee persone), en R50 per kind jonger as 12 jaar. Besprekings is noodsaaklik. Kontak Sunette Rust by 021-862-3104 of stuur ’n e-pos aan nedwines@distell.co.za
More
News
|