Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Molfees spog met groot name

Molfees spog met groot name
 
2009-03-05


VANJAAR se Musiek op die Lande (Molfees) vind op 6 en 7 Maart op die plaas Joubertskloof, sowat 10km buite Malmesbury op die Klipheuwelpad, plaas.

Die fees spog met ’n skitterende program met bekendes soos Wicus van der Merwe, Jak de Priester en Emo Adams en Eden.

Die grootste veer in die organiseerders se hoed is seker die insluiting van die Parlotones in die program. Die gewilde rock-groep tree die Vrydagaand om 23:00 op en behoort wye belangstelling uit te lok.

Die Parlotones het pas van Frankryk af teruggekeer waar hulle twee eksklusiewe optredes by Midum, die wêreld se grootste musiekkonferensie, gehad het.

Die Vrydagaand se program begin om 17:00 met Annique, gevolg deur Andries Vermeulen, Wicus van der Merwe en Izak Davel. Om 21:00 is DJ Ossewa aan die beurt, met Kurt Darren daarna.

Die Saterdag om 10:00 begin Ruan Pentz die program, met Ani Davids, Cecily, en Basjan ná haar. Om 14:00 is Etha aan die beurt, gevolg deur Romanz, Arno Jordaan, Flip a Coin en Jak de Priester.

Robbie Wessels tree om 19:00 op, met Bobby van Jaarsveld, Emo Adams en Eden daarna. Om 23:00 sluit Snotkop die fees af.

Kaartjies is by Computicket (Shoprite/Checkers) beskikbaar. Die Vrydag is die toegang R85 (kinders 7-18 jaar R50) en die Saterdag is dit R100 (kinders 7-18 jaar R60).

Vanjaar kan feesgangers sommer op die feesterrein slaap in tente of karavane en by die Kreefhotel (’n lekker groot boogtent met matrasse). Jy bring jou eie komberse en kussings, of huur dit ekstra. Dit is privaat met veilige parkering en sluit ’n buffet-ontbyt in.

Daar is ook braai- en kosmaakgeriewe. Breek- en messegoed word voorsien en jou skottelgoed word vir jou gewas.

Pryse wissel van R290 per nag as jy albei aande oorslaap en ’n tent deel, of R350 vir een aand. As jy alleen wil slaap, is dit R400 per nag as jy die naweek bly en R500 vir net een nag.

Die karavaan-staanplekke kos R200 per dag en R50 per persoon per nag.

Vir tente kos dit R100 per dag, R50 per persoon per nag.

Bespreeek by 022-487-2000 of info@molfees.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za