EK wil graag aansluit by Ina Marais se brief in Paarl Post van 5 Maart.
Ek stem saam dat ’n mens baie maal wonderlike diens kry van die polisie.
Ons huis se alarm het twee maal afgegaan sonder dat ons daarvan bewus was. Die alarm-maatskappy kon ons nie in die hande kry nie en die polisie was blitsig by ons huis, albei kere.