Paarlberg het verlede week ontplof in 'n vuurpoel 2009-03-12
WOENSDAGAAND begin 地 vuur in die Reservaat teen Paarlberg, in fynbos en denne.
Middernag vat die bome bokant die huise vlam. Reuse vuursuile skiet die lug in. Tuinsproeiers word aangelos en die kinders se albums in sakke gepak.
Twee honde bondel teen hul mense aan en 地 kat spring oor 地 balkon.
Teen dagbreek slaan reuse-denne om agter 地 huis. 地 Digte rookwolk hang oor die dorp.
Die hitte is verstikkend. Namiddag styg die kwik, tot oor die veertig grade.
地 Man eet brood op 地 kragboks. Sy hond slaap by sy voete.
Meer as tweehonderd brandbestryders veg teen die vlamme. Twee helikopters blerts water op die vuur.
Die hoof van die Drakenstein Brandbeskerming maan die dorpmense om nie te panic nie. Sirenes loei ver bergop en nog brandvoertuie jaag verby.
Die vuur is buite beheer. Die manne gestroop van energie.
Laatmiddag staan mense in groepies rond. Kinders baljaar in 地 swembad.
地 Hond blaf hoog in die berg en vyf ganse staan op 地 damwal. 地 Skropsel fisante vlug oopvlerk in die straat af. Die son gaan rooi onder en die halwemaan kom rooi op. 地 Ring van vuur brand om Paarlrots.
In die Hoofstraat sit mense in straatkafees en restaurante. 地 Man verkoop gloeistokke by die supermark.
地 Groep plaasmense sit op hul goed teen 地 verskroeide wingerd.
地 Bosslaper loop bergaf met 地 bondel komberse. Agter hom ontplof die berg in 地 vuurbol.Marie Toerien