Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Weeklange betrokkenheid by Paarlberg

Weeklange betrokkenheid by Paarlberg
 
2009-03-12


ONS is so geneig om onbetrokke te kritiseer en traag om dankie te sê.

Dit is daarom vir my baie aangenaam om vir Drakenstein Brandweer te bedank vir hul weeklange betrokkenheid by die brand in Paarlberg.

Die wyse waarop hulle die groep plase en woongebiede, vanaf Lemoenkloof tot Groenvlei in die naweek van 7 tot 8 Maart teen die brand vrywaar het, was eenvoudig briljant. Eweneens wil ek vir Basjan Bruwer en sy mede-werkers bedank vir hulle onmisbare betrokkenheid by die ontplooiing van die taakmag, veral Sondag in die vroeë oggendure.

Ek is oortuig dat, waar ek knus vanaf my uitkykpunt agter my ouderdom geskuil het, groot skade deur die kundige, effektiewe en snelle optrede van die Drakenstein Brandweer voorkom is.

Toe die vlammesee boomhoogte vanuit die suide aanrol, en sy kring al nouer om die bopunt van Morgenzon trek, het ons teen ongeveer 03:00 die brandweer geskakel.

Selfs teen daardie tyd in die oggend, was die dame vriendelik en behulpsaam: “Reg Meneer, u seun het reeds geskakel, hou die hekke oop, ons stuur dadelik die span.”

En wat ’n span - ek dink nie die plaas het al ooit so iets belewe nie. Ons kon die vuur hoor, sien en selfs voel. Dit was enersyds skrikwekkend, en as jy wou, kon jy selfs die mooi daarin sien.

Nooder-Paarl omgewing was gelukkig, danksy die Brandweer. Min of geen skade, behalwe die berg self, is aangerig nie.

Vandeesweek kyk ons op na ’n swart maanlandskap.

Ons harte bloei vir dié wat erg skade gely het, maar met groot dankbaarheid teenoor dié wat ons daarvan gevrywaar het.Vincent Bruwer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za