Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skobbejakke misbruik brand

Skobbejakke misbruik brand
 
2009-03-12

Lise Beyers

TERWYL die gemeenskap en brandbestryders gespook het om die brand teen Paarlberg te blus, het boewe die geleentheid aangegryp om misdaad te pleeg.

’n Egpaar van Lemoenkloof het Donderdagaand hul waardevolle besittings in hul voertuie gepak, sodat hulle kon ontruim indien die brand hul huis bedreig.

Die vonke van die vuur het so ver geskiet dat ’n kooltjie op die strooidak van hul braai-lapa beland het en begin smeul het. Hulle het geskarrel om dit te blus, voordat dit vlam gevat het.

Die huis se deure was nie gesluit nie, weens hul bewegings in en uit die huis.

Toe hulle by hul voordeur weer die huis wou binnegaan, het hulle gevind dat die deur van binne gesluit is. Hulle het dadelik onraad vermoed, en die eienaar het oor ’n heining aan die kant van die huis geklim.

“Ek het toe gesien dat iemand binne-in my bakkie in die motorhuis sit. Toe ek by ’n agterdeur instap, het ’n klomp jong mans op my afgestorm.

“Ek het my pad losgewikkel en daarin geslaag om hulle te verskrik. Hulle het oor die muur gespring tot in ’n wingerd en weggehardloop.”

Intussen het ’n polisievoertuig verby die huis gery en bure het hulle in kennis gestel van die huisbraak.

’n Soektog deur die polisie is geloods, waarna een persoon in hegtenis geneem is.

Verskeie items het rond en bont in die huis gestaan, reg om weggedra te word.

’n Bos huissleutels en ’n beursie is wel saam met die skobbejakke weg, maar die sleutels is later in die wingerd gevind.

Die volgende dag is ’n oproep vanuit Chicago ontvang om te sê dat iemand die beursie daar opgetel het, met kredietkaarte in, maar ’n groot hoeveelheid kontant was weg.

’n Minderjarige seun is in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Direkteur Mzwandile Tiyo het die publiek bedank vir hul samewerking wat gelei het tot die inhegtenisname.

* While fire-fighters were battling the blaze on Paarl Mountain, thieves took advantage of the chaos and broke into a house which was being evacuated.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za