Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reservaat vernietig

Reservaat vernietig
 
2009-03-12

Lise Beyers

MET die intrapslag in die Paarlberg Natuurreservaat nadat die vlamme geblus is, lyk die węreld na ’n slagveld, of ’n maanlandskap.

Verbrande proteabome en wabome staan soos geraamtes op die smeulende aarde. Van die fynbos wat tussenin gestaan het, is daar geen teken nie.

Van die granietrotse het gebars weens die versengende hitte van die brand.

Dit is ’n hartseergesig vir enige natuurliefhebber wat verlief geraak het op hierdie besonderse reservaat.

Alhoewel daar hier en daar enkele kolle fynbos oorgebly het, is sowat 80% van die reservaat se plantegroei vernietig.

Die bestuurder van die reservaat, Louise de Roubaix, vertel dat weens brandbane wat hulle om die veldblomtuin en geboue in die reservaat gemaak het, was daar geen skade hier nie.

“Dit is wel baie hartseer om die skade aan die fynbos in die berg te sien, maar ek is seker dat die veld weer goed sal herstel, veral na ’n goeie reënseisoen.”

Louise was deurgaans betrokke by die bestryding van die brand, vanaf Woensdagaand tot Sondag. Maar sy sę, nou begin die eintlike werk.

“Daar moet nou onmiddellik ’n herstelplan op die been gebring word om erosie te keer wanneer die eerste reëns kom.

“Met die deklaag van die grond wat weggebrand het, kan swaar reënneerslae groot probleme veroorsaak.

“Bome sal afgekap moet word om erosie te keer.”

Louise meen ook dat dit ’n gulde geleentheid is om nou na die uitroei van indringerbome teen die berg te kyk.

“Dit is ’n langtermyn projek om van hierdie pes ontslae te raak en ook nie ’n maklike taak nie.

“Met die afkap van byvoorbeeld dennebome, sal die groei van ander indringers soos port jacksons en wattels volg.

“Dus het ons baie hulpbronne nodig met hierdie projek, maar ek glo dat dit gedoen kan word.”

Die feit bly staan dat Paarliete nou sal moet gewoond raak daaraan om vas te kyk teen die swartgebrande Paarlberg.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za