Sakekamer wil dienste uitbrei
2009-03-12
DIE Paarl Sakekamer wil vanjaar sy kundigheid en netwerk inspan om as koördineerder van welsynsprojekte tussen sakelui en organisasies in die Paarl op te tree. Dié tak vier vanjaar sy een-en-sestigste bestaansjaar en bied netwerkgeleenthede vir sy 71 lede. Een van die beplande welsynsprojekte is om die Orleansvale Primêre Skool in die Paarl te ondersteun. “Daar is verskeie behoeftes by dié skool geïdentifiseer en ons wil graag help om daarin te voorsien,” sê hy. Maandelikse funksies is steeds hoog op vanjaar se agenda en daar word elke tweede Dinsdagaand van die maand vergader met sprekers oor sake van die dag. Onder die sprekers vanjaar is prof Andreas van Zyl (nuwe maatskappyewet) en Dawie Klopper, ’n ekonoom van PSG Konsult. Daar is ook gereelde kontak met Drakenstein Munisipaliteit asook die Polisieforum. Nie-lede is welkom by die funksies (R50 per besoeker). Belangstellendes wat betrokke wil raak, kan paarlsakekamer@definitelydifferent.co.za kontak.
More
News
|