Loopbane
2009-03-12
Die jaarlikse loopbaanuitstalling vir Bolandse leerders word in die Paarlse stadsaal gehou op 17 en 18 Maart. Die uitstalling word gereël deur die Paarl Skoolsielkundiges in samewerking met Paarl Tafelronde. Meer as 50 uitstallers waaronder universiteite, technikons, kolleges vir beroepsonderwys en ander instansies sal teenwoordig wees om leerders raad te gee oor beroepe en studierigtings. Die uitstalling open Dinsdag 17 Maart om 09:00 en duur tot 17:00. Op Woensdag 18 Maart begin dit om 08:15 tot 13:00 en sal dit oop wees vir die publiek. Vir verdere navrae, kontak Rubin Adams by 021-860-1551.
More
News
|