Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuns Dagboek

Kuns Dagboek
 
2009-03-12


Kuns. Kunswerke van bekende kunstenaars word op 18 Maart om 19:00 by Laerskool Noord-Eind uitgestal. Van die kunstenaars wat uitstal, is Portchie, At Botha, Estie Mostert, Sonnette Olls, Bosch, Phillip Britz, Paul Munro, Pieter Lessing en Estelle du Plessis. Daar sal ’n vingerete en wynproe wees en vermaak en sang deur gewilde sanger Pieter Smith. Kaartjies is R80 en beskikbaar by die skool. Kontak Anne-Marie by 021-872-4237.

* Concert. The annual Starlight Classics Concert on Vergelegen Wine Farm in Somerset West, will be held on Friday 20 March at 19:30 and Saturday 21 March at 19:00 with the Cape Philharmonic Orchestra. Johnny Clegg, Judith Sephuma, the Twenty Tenors and Bronwyn Forbay are only some of the artists that will perform.

Tickets for Friday night’s concert are R120 (R100 for pensioners and children). Saturday night’s concert tickets are R130 (R110 for pensioners and children).

* Woordfees. Uys Krige se bekende, gewilde en klassieke komedie Die Ryk Weduwee is die Woordfees se feesdrama met ’n kostelike inkleding van toenterjare. Die rolverdeling bestaan uit Elsabé Daneel, Chris van Niekerk, Waldemar Schultz (Jan-Hendrik van 7de Laan), Susanne Beyers, Johann Nel, Martelize Kolver, Deon Lotz, Roelien Daneel en Raymond Randall. Die Ryk Weduwee is 12, 14 en 15 Maart om 20:15 by die Japie Krige-saal te sien.

* Kinderteater. My Naam is Lollos, die kinderproduksie, is op 14 Maart by Oude Libertas Amfiteater te sien. Die produksie begin om 10:00 en word in Engels en Afrikaans aangebied. Kaartjies kos R30 per persoon.

* Uitstalling. Die kunstenaar Jacolene de Haan stal vanjaar tydens die US Woordfees uit in Stellenbosch by die Fismersaal (konservatorium vir musiek) tot 15 Maart. Die kunswerke is oop vir besigtiging vóór en ná vertonings.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za