Landboubeurs aangekondig
2009-03-12
’n LANDBOU-BEURS is onlangs aangekondig vir die SA Terroir Wyntoekennings, een van die wêreld se mees eksklusiewe wynkompetisies. Dit word geborg deur die Departement Landbou Wes-Kaap en Novare en gaan aan ’n talentvolle student aan Elsenburg. Die jaarlikse SA Terroir Wyntoekennings is ’n simbool van landbouvaardighede aangesien wyne wat gesertifiseer is as produkte van spesifieke wynbouterreine, bekroon word. Elke wyn verteenwoordig dus ’n eiesoortige grond en klimaat en die wingerdbestuurder en wynmaker se benutting daarvan om ’n gehalteproduk te skep. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 23 Junie en omdat heelwat van hierdie wyne deel is van wynkelders se reserwereekse en nie wyd beskikbaar is nie, het die organiseerders die voorraadvereiste vir deelname verklein na slegs 180 liter, oftewel 20 twaalfbottel kiste. Vanjaar se beoordelaars is Charl Theron (sameroeper), Dave Hughes, Elsa Carstens, Clive Torr en David Biggs. Kyk by www.wynsa.co.za of kontak Elma by 021-863-0397 of events@agrimega.co.za.
More
News
|