Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl se o.20’s wen

Paarl se o.20’s wen
 
2009-03-12


PAARL RUGBYKLUB se o.20’s het die afgelope naweek ’n rugbytoer na Saldanha gehad waar hulle teen die Vloot se akademiespan te staan gekom het.

Die wedstryd was baie gelykop, maar Paarl was uiteindelik te sterk vir die tuisspan en het met 11-5 geseëvier.

Paarl het eerste punte behaal deur die losskakel Louis Schechter.

Schechter het twee strafdoele behaal om aan sy span ’n voorsprong van 6-0 te gee, voordat die span van Saldanha gaan druk het om die telling te laat krimp na 6-5.

In die tweede helfte het die gelykopstryd voortgeduur, totdat Paarl se Franco Caricato gaan druk het om aan sy span ’n voorsprong van 11-5 te gee. Dit was ook die eindtelling.

Eerskomende Saterdag speel Paarl se o.20’s, asook al die senior spanne, weg teen Goodwood in vriendskaplike wedstryde.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za