Kavaliers trap klei
2009-03-12
DIE Boland Kavaliers het weer Saterdag klei getrap tydens hul Vodacombeker-kragmeting teen die Arende, in die Van Riebeeck-stadion te Mosselbaai. Die Kavaliers het die knie gebuig met 19-16. Beide spanne se hanteerwerk was swak in die winderige toestande. Die rustydtelling was 9-0 vir die Arende, met die oud-Gimmie, Ricardo Croy, ironies genoeg die wenspan se groot held met 14 punte. Net soos die Valke het Boland net een drie aangeteken deur Niel Papier. Die Valke se drie is gedruk deur Norman Nelson. Lionel Cornelius het een doelskop en drie strafdoele vir die Kavaliers behaal.
More
News
|