Roses United pak Silvertrees
2009-03-12
ROSES UNITED pak eerskomende Saterdag die span van Silvertrees op Pelikaanpark in Wellington. Aldrie spanne sal in aksie wees, met die eerste wedstryd wat om 13:30 afskop. Saterdag se wedstryd sal die Rose se voorlaaste vriendskaplike wedstryd wees, voor die nuwe seisoen in alle erns afskop. Talle spelers sal dus dié wedstryd wil gebruik om die afrigters te beïndruk, met die oog op ’n plek in die beginspanne vir die Premierliga wat eersdaags begin. Die Rose, wat talle staatmakers verloor het, sal veral hoop dat die agterlyn in dié wedstryd behoorlik tot sy reg kom. Hulle durf egter nie die span van Silvertrees onderskat nie. Die manne van Mitchell’s Plain speel selde ’n swak wedstryd en hulle sal die Rose tot die uiterste beproef. Toeskouers kan hulle dus klaarmaak vir ’n aanskoulike wedstryd.
More
News
|