Albions speel Strand moeg
2005-08-04
GOEIE voorspelerspel was Saterdag die dryfveer agter Albions se 27-16 (15-6) sege oor Strand Rugbyklub.
Die Paarliete se pak het vroeg sy stempel op die wedstryd afgedruk wat vir Arnold Kika (slot) die geleentheid geskep het om deur ’n gaping te bars en onder die pale te druk.
Hoewel die Albions-agterlyn moes klaarkom sonder hul staatmaker-vleuel, Alvin Hugo, wat die naweek vir die WP Amateurspan moes diens doen, het hulle hul goed van hul taak gekwyt.
Nog drie drieë deur Jenovan Cornelissen, Strafred Geldenhuys (albei flanke) en Gilli Arendse (stut) verseker die bonuspunt vir Albions. Gerswhin Paulse (losskakel) slaag met 'n strafskop en twee doelskoppe.
Die stut Edgar Arendse is as die speler van die wedstryd aangewys. Albions se tweede en derde spanne het 10-5 en 20-0 gewen.
More
News
|