Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples sukkel teen UCT

Young Peoples sukkel teen UCT
 
2009-03-12


DIE eerste rugbyspan van Young Peoples het Saterdag gesukkel om die span van Ikeys, op Groote Schuur, in toom te hou en het uiteindelik met 17-48 verloor.

Gebrekkige verdediging agterlangs het veroorsaak dat die Tiere teen rustyd reeds met 0-33 agtergeloop het.

Ondanks die nederlaag, het die Tiere hul man deeglik in die skrums en in die lynstane gestaan.

Die besoekers, wat die eerste helfte teen ’n baie sterk wind gespeel het, se verdediging was egter telkemale oorhoops gevang wanneer die heelagter van die Ikeys in die agterlyn gespring het.

Swak opsies in die Tiere se kwartgebied was deur die opponente uitgebuit en het dikwels tot drieë gelei.

Die stryd tussen die voorspelers was verwoed en die Tiere het met goeie verdediging die momentum van die Ikeys se voorspelers gebreek.

In die tweede helfte het die Tiere met hernieude vuur gespeel en die Ikeys met goeie agterspel laat bont staan.

Peoples se nuwe vonds, Preston Swarts, het saam met Oscar Thomas weer’n barshou gespeel.

Die vertoning van die Tiere het respek ingeboesem by die Superliga A-span, die Ikeys.

Peoples se tweede span het 7-58 verloor en die derdes het met 10-29 vasgeval. Peoples se o.20’s het 0-55 verloor.

Saterdag speel Young Peoples op Gardens Park teen Evergreens.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za