Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Storieverteller leer kinders om beter te kommunikeer deur toneelspel

Storieverteller leer kinders om beter te kommunikeer deur toneelspel
 
2009-03-12


DIE toneelgroep Anna Emm Productions is reeds bekend vir sy talle kinderteaterproduksies en die bekende “Storie-vir-Storie” CD reeks vir kinders.

Nou het hierdie suksesvolle produksiehuis ook ’n dramaskool op die been gebring met ’n tak in die Paarl

“Ons leer vir kinders dat toneelspel ’n kommunikasie-middel is soos enige ander taal. Ons leer hulle hoe om hulle liggame en stemme te gebruik om stories te vertel en boodskappe en emosies oor te dra.”

Klasse vir kinders vanaf pre-primęr tot graad sewe word by die Ou Meul-teater aangebied.

Jong akteurs en aktrises kan hier deel word van die wonderwęreld van die verhoog terwyl hulle leer hoe om stories uit te dink, nuwe karakters te skep, kostuums en props te maak.en

Deur middel van toneelspel vir ’n uur elke week kan hulle ontsnap van ’n węreld vol huiswerk en skoolbanke.

Die lidmaatskap sluit portefeuljefoto’s, kunsmateriale en deelname aan kwartaallikse “showcase” geleenthede in.

Vir meer besonderhede, kontak Lorraine by 021-558-0234 of 073-888-3844. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die webtuiste. Besoek www.AnnaEmm.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za