Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions troef Stars

Albions troef Stars
 
2009-03-12


ALBIONS RUGBYKLUB het Saterdag as oorwinnaars getree uit hul eerste vriendskaplike wedstryd van die jaar, teen Blue Stars United.

Albions het die wedstryd, wat op Klapmuts gespeel is, met 19-6 gewen.

Hoewel die twee pakke voorspelers redelik gelykop vertoon het, het die haker van Albions, Clinton Simons, ses vaskoppe gehaak.

Dean Appollis het self voorlangs ’n spog-wedstryd beleef en was welverdiend aangewys as die speler van die wedstryd.

Agterlangs het Albions se nuwe senterpaar die oog gevang.

Albions het eerste punte aangeteken toe die heelagter Curtley Davids gaan druk het ná die bal mooi deur die hande gespeel is.

Die rustyd-telling was 5-3 vir Albions.

In die tweede helfte het Albions meer afgeronde rugby opgedis.

Met die voorspelers wat harde werk ingesit het, is die stut Brendon Hendricks beloon met ’n drie. Davids het die drie verdoel.

Blue Stars se losskakel het geantwoord met ’n skepdoel deur die losskakel Francois Williams, maar Albions het teruggeantwoord toe hul skrumskakel agter die doellyn gaan kuier het. Davids het die drie verdoel en Albions kon seëvier met 19-6.

Albions II het10-0 gewen.

Albions hou Saterdag ’n oefenkamp.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za