Skrywers aan die woord by biblioteek
2009-03-12
AS die hoogtepunt van Biblioteekweek (16 tot 20 Maart), bied Meulstraat-biblioteek in die Paarl Woensdagaand 18 Maart om 19:00 ’n skrywersaand in die biblioteek aan waartydens lesers plaaslike skrywers op informele wyse kan ontmoet. Skrywers soos Jaco Thom, Emmaleen Kriel, Stephanie Redelinghuys, Mareli Cloete, Bea Brink, Irene Lewis, Ingrid Wolfaardt, Petro Rhode en Charles Press sal oor hul skryfwerk praat of daaruit voorlees. Plekbespreking is noodsaaklik tot 16 Maart by 021-807-4871. Die biblioteek sal dus Woensdag van 12:00 tot 18:00 oop wees vir die publiek. Tydens Biblioteekweek kan laat items boetevry ingelewer word (uitgesonderd ou uitstaande boetes en boetes op video’s en DVD’s).
More
News
|