Peoples lyk weer gevaarlik
2005-08-04
DIE eerste span van Young Peoples het Saterdag op Daljosafat homself reggeruk toe hy Franschhoek met 23-5 (10-0) verslaan het.
Die besoekers het vir Peoples in die vaste skrums laat les opsê maar die tuisspan se lynstaanwerk was uit die boonste rakke.
Die wedstryd is egter agterlangs beslis waar Peoples te veel skietgoed gehad het. Die maroentruie het op spoed reguit gehardloop en die besoekers kon eenvoudig nie al die gate toestop nie.
Jody Davids (vleuel) en die flanke, Francois Manuel en Oswald Sitzer, het Peoples se drieë gedruk. Die haker Andrew Victor het twee strafdoele en ’n doelskop oorgeklits.
Peoples se tweede span wen 28-6 terwyl die derde span 20-22 verloor.
As deel van sy 110-jaar feesvieringe speel Young Peoples Rugbyklub môreaand op Daljosafat teen ’n Walliese toerspan, die Royal Welsh Fusiliers.
Die hoofwedstryd begin om 19:00, met ’n voorwedstryd tussen die o.16-spanne van Peoples en Wellington Youth Care wat om 18:00 afskop.
More
News
|