Paarl-Oos bly op wenpad
2009-03-12
GMT PAARL-OOS se eerste krieketspan het Saterdag met twee lopies geseëvier teen Wellington op New Orleans se velde. Paarl-Oos het eerste gekolf en 168 lopies vir 7 lopies behaal. Bjorn Hollenbach (40) en Morne de Vries (41) was die Paarliete se beste kolwers. Niks minder nie as drie van Paarl-Oos se spelers was uitgehardloop. Wellington kon tydens sy kolfbeurt nie hul teenstanders se totaal bereik nie, en teken uiteindelik 166 lopies aan vir die verlies van 9 paaltjies. C Screuder (36, 1x4) en Christo Ritter (28, 2x4) was Wellington se beste kolwers. Paarl-Oos se beste boulers was Zynodeen Fredericks (2/25 na 9bb) en Kurt Julius (2/35 na 9bb). Die tweede span se wedstryd het nie Saterdag plaasgevind nie. Paarl-Oos se derde span (151) het Saterdag met Paarl se derdes (149) afgereken op Allandale. Verlede Saterdag het Paarl-Oos se eerste span met vyf paaltjies geseëvier teen die Worcester Streekspan. * Saterdag speel Paarl-Oos se eerste span weg teen Malmesbury I, terwyl Paarl-Oos se tweedes tuis sal speel teen Malmesbury II te New Orleans.
More
News
|