Swiegers by Ou Meul
2009-03-12
Die sanger André Swiegers is op Vrydag 13 Maart om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater. Swiegers het sy eerste musiek-deurbraak in 1990 gehad toe Laurika Rauch sy liedjie, Blou, opgeneem het. Hy was ook medeskrywer van talle Coleske-treffers, waarvan Take me where the sun is shining tot dusver die suksesvolste was. Dié lied is ook ’n paar jaar gelede deur Samro aangewys as een van die twaalf grootste Suid-Afrikaanse treffers vir die afgelope veertig jaar. Swiegers was ook betrokke by ’n paar suksesvolle kombinasie-produksies, soos Van Venus, van Mars, met Nianell, Matthys Roets en Réana Nel, asook Vier - met Anton Goosen, Piet Botha en Richard van der Westhuizen. Swiegers word vergesel deur sy seuns, Jean en Emile, op dromme en kitaar. Kaartjies kos R80 (R20 vir skoliere). By hierdie vertoning doen hulle nie net van sy nuwe werke nie, maar ook ’n paar golden oldies!
More
News
|