Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Triomf by sewes

Triomf by sewes
 
2009-03-12

Jaco van Wyk

LEKKER hardlooprugby soos net by ’n Sewestoernooi gesien kan word, is die lank en kort van Young Gardens Rugbyklub se jaarlikse Sewes-toernooi wat Saterdag deur oud en jonk bygewoon is op Gardens Park.

Met Gardens, Young Standards, Violets, Simondium en Klapmuts wat almal spanne ingeskryf het om mee te ding om die titel, was dit ’n gegewe dat vlugvoetige spel die toeskouers se monde sou laat water.

Young Gardens I het op die ou einde gespog met die hoofprys, toe hulle vir Simondium in die beker-finaal met 19-17 geklop het.

Die wenners van die Plaat-finaal was Young Standards. Hulle het met 31-0 afgereken met Violets.

Volgens Gardens se Sewes-afrigter, Davey de Kock, het die dag goeie rugby opgedis.

“Met ’n lekker getal toeskouers wat die toernooi bygewoon het, was ons tevrede met die rugby wat op die dag gespeel is.

“Die spelers se fiksheid en algemene spel was redelik op standaard so vroeg in die jaar,” sê De Kock.

“Dit wil voorkom of die manne reg is vir die nuwe seisoen, met die klubs se vriendskaplike wedstryde wat die naweek afskop.”

Na afloop van die toernooi was Simondium se Julian Malinga aangewys as die speler van die dag.

Young Gardens se Ashwell Abrahams was die speler wat die meeste drieë ingeryg het. Hy was ook die kaptein van die wenspan.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za