Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Smul by die Woordfees

Smul by die Woordfees
 
2009-03-12


EKSKLUSIEF, net tydens die Woordfees vir ses dae, is die Plataankafee in die tuin agter die Sasol Kunsmuseum op Stellenbosch die bymekaarkomplek van skrywers, diep denkendes, kunstenaars en mede-reisgenote. Daar sal ook kos verkoop word.

Vanaf 9 tot 14 Maart vanaf 09:00 tot 17:00 kan feesgangers uitsien na Anita Koskenner en liefhebber van Oemf, se vars Alfresco middagetes. Vars samoesas is ook te koop.

Delheim trakteer alle gaste met ’n gratis glas wyn, Hatters bedien plaasontbyt met vonkelwyn en jy kan kom smul aan ’n verskeidenheid soetgoed en lekkernye asook gourmet koffie en smoothies.

Feesgangers kan ook saam met Freek Robinson en Iris Bester op RSG praat en hulle kan boekinspirasie met die nuutste publikasies van die voorste uitgewers en tydskrifte kry.

Saterdag in Ryneveldstraat (Kruiskerk parkeerterrein) word ’n kinderteater aangebied met vrolike kinderstalletjies en pannekoek onder die akkerbome.

Skop jou skoene uit by De Vette Mossel strand-seekosrestaurant op 13 en 14 Maart vanaf 18:00 tot 23:00, ook in Ryneveldstraat.

Hier kan jy ’n koue glas wyn geniet en informele verhoog met gratis kunstenaars terwyl kinders skatte in die sandkasteel soek.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za