Rangers speel klaar met Gardens
2005-08-04
DIE eerste span van Paarl Rangers het Saterdag op Daljosafat ’n belangrike 17-12 oorwinning oor Young Gardens behaal. Dié sege het dan ook verseker dat Rangers bokant Gardens verbyskuif op die punteleer van die Divisie 3 punteleer. Dit was ’n harde wedstryd met die manne wat mekaar veral voorlangs goed aangevat het. Hier moet die kaptein en agsteman van Rangers, Eugene Stevens, uitgesonder word. Stevens en John Filander het in die lynstane uitgeblink. Lee Blaine het vir Rangers gedruk. Hy was ook suksesvol met ’n skepskop, terwyl Mark Kruger drie strafskoppe oorgesit het. Jeremy Koukom het Gardens se vier strafskoppe oorgeskop.
More
News
|