EK verwys na die brief “Wat wil die agies dan hier hê?” in die Paarl Post van 12 Maart: Ek was een van die “agies” wat die Saterdagmiddag in Foxglovestraat, Noorder-Paarl gaan kyk het hoe die berg brand.
Ek het innige simpatie met inwoners oor hulle angstigheid toe dit lyk of die vlamme dalk hulle huise kon bedreig. Maar op geen stadium kon ék sien dat daar ’n wérklike dreigende gevaar was nie.
Soos Dereck Peceur van die brandweer tereg opmerk, sal hulle na ’n noodoproep by ’n huis opdaag net om te vind dat die naaste vlamme nog 100m ver is!
Die “agies” was meestal daar om te help, en het nie noemenswaardige padversperrings veroorsaak nie.
Ansie noem self hoe mense water en eetgoed na die brandbestryders aangedra het!
En dan veroordeel sy hulle! Gee die “nuuskierige” inwoners van die Paarl bietjie meer krediet!Eric de Vos Noorder-Paarl