HIER in Tabakstraat het ons eindelose slapelose nagte weens die geraas wat vanuit die berugte International Hotel by Paarlstasie kom. Daar word in die kroeg dag in en dag uit makietie gehou, tot soms vyfuur in die oggend.
Onsmaaklike karakters dwaal dan in die strate rond wanneer die deure uiteindelik gesluit word. My kinders kan smiddae skaars huiswerk doen, so raas dit.
Onlangs is ’n baie jong kind hier verkrag, en dit is bo en behalwe al die ander misdade wat deur die jare hier gepleeg is.
Is dit nie tyd dat daar gekyk word na hierdie onsedelike plek se dranklisensie nie - dat dit deur die owerhede heroorweeg word?
Ek smeek die polisie en die munisipaliteit om hul hierop toe te spits.Slapeloos