ONS almal het nou goed die brandweer en bure en familie bedank vir die bystand wat verleen is, tydens die aaklige brand op Paarlberg!
Ek wil egter as ma van twee kinders en as vrou van ’n dieselwerktuigkundige net die volgende sê: Julle wat gesorg het vir die brand, dankie dat julle gesorg het dat my man (ons pa) vanaf daardie Woensdagnag tot Sondag skaars tyd gehad het om te slaap.
Skaars tyd gehad het om ’n behoorlike halfuur saam met ons te kon spandeer.
Skaars ’n ete kon geniet, dan lui sy selfoon al weer!
Saam het ons hom help werk en onderdele gaan haal, sodat die brandweerwa tog net moes reg kom, want ons vriende is ook in gevaar!
Siesa vir die persoon wat so gekla het oor dit so lank vat om die brandweer reg te kry voor sy huis - jy kon eerder dankie sê vir al die opoffering, al word die rekening aan die einde van die maand betaal!
Aan die vrou wat gekla het oor die poeier wat hulle moes gooi oor die diesel wat uitgeloop het - tannie sies vir jou, ten minste het hulle deur hulle moegheid en tamheid gesorg dat dit nie ook ’n brandgevaar skep nie!Afgeskeepte vrou