DIT is só maklik om te kritiseer en soms so moeilik om te onthou dat daar altyd positiewe dinge ook plaasvind – ’n mens moet net ’n bietjie rondkyk.
En ’n mens is mos maar geneig om maklik te kritiseer en baie minder geneig om dankie te sê.
Daarom wil ons graag – hoewel ’n bietjie laat – baie dankie sê aan AL die betrokkenes wat meegehelp het aan die splinternuwe stuk Hoofstraat wat ons in Noorder-Paarl tussen Optenhorst- en Langstraat gekry het.
Ons hier in die noorde voel soms ’n bietjie afgeskeep, maar hierdie keer is ons aangenaam verras.
Die groot organisasie om die pad vir verkeer oop te hou en die teerwerk so gou as moontlik te voltooi, het ons beïndruk.
En die kort tydperk waarin dit gedoen is, was ’n welkome bonus (verskeie ander dele van ons dorp het ook nuwe teer gekry). Dus: DANKIE!